Human Rights Day Commemorations - 21 March 2017

Programme Director,
MEC for Transport and Safety Liaison
Executive Mayor of ZFM District Municipality, CLLR A. Vos
Mayor M. Louw
Councilors Present
Heads of Departments Present
District Directors
Esteemed guests
Ladies and Gentlemen

On this solemn occasion‚ we acknowledge all South Africans who suffered gross human rights violations during the period of apartheid colonialism‚ including murder‚ torture or imprisonment.
In particular‚ we remember the victims of the Sharpeville massacre‚ where 69 people were mercilessly killed and scores were injured when police opened fire on demonstrators who were protesting against the hated pass laws‚ in Sharpeville.
The Sharpeville massacre put apartheid brutality bare before the eyes of the world. Before the massacre few international observers were aware of the day-to-day brutality of apartheid, given the cautiously managed image of lawfulness and order conveyed by the South African government and the willingness of foreign governments and corporations to ignore evidence that might disturb their political and trading relationships with South Africa. The Sharpeville killings broke through this conventional image, nurtured by ignorance and convenience, with a picture of unmistakable and unconscionable violence. “Sharpeville,” became synonymous with the massacre, served as an icon of everything wrong with apartheid
We will never forget incidents such as Sharpeville which demonstrated the heroism of our people who stood up for their rights.
Dames en here, 21 Maart is ’n viering van dít wat Suid-Afrika tot dusver bereik het, en ’n sombere herinnering aan diegene wat hul lewens opgeoffer het sodat ons vry kan wees. Ons noem dit Menseregtedag, maar dit is ook die Internasionale Dag vir die Eliminasie van Rassediskriminasie, Wêreld-Downsindroomdag (wat die regte en insluiting van diegene met Downsindroom voorstaan) en Wêreldpoësiedag.
Ten spyte van die oënskynlike ongelyksoortigheid, is die Internasionale Dag vir die Eliminasie van Rassediskriminasie gebore uit die afskuwelikheid van die Sharpeville-slagting en herinner dit die wêreld aan dié gruweldaad van 1960 toe mense wat vreedsaam betoog het teen die dra van ’n pasboek wat hul bewegingsvryheid aan bande gelê het, geskiet is. Nege-en-sestig mense is dood en nog 180 beseer. Vandag gedenk Suid-Afrika hierdie gebeure op Menseregtedag.
Te midde van wêreldwye uitdagings ten opsigte van insluiting en menseregte, soos vergestalt in Wêreld-Downsindroomdag, is dit die plig van elkeen van ons om elke persoon as ʼn waardevolle menselewe te sien ten spyte van die oenskynlike verskille tussen ons.
Poësie word as die beliggaming van die menselewe beskou. Die digter, Mahmoud Darwish, verwys na die dikwels vlietende aard van die geskiedenis in sy gedig Mural wanneer hy sê “… history takes a look at them [its victims and heroes] and passes by …” en dit word al hoe duideliker dat ons in ’n vinnig veranderende wêreld nie alleen die opofferings van die verlede moet onthou en gedenk nie, maar dat ons elke dag moet laat tel in die bou van ʼn toekoms van verdraagsaamheid, respek en sorgsaamheid teenoor alle mense.
Die dag word uitgesonder om die nasie te herinner aan ons oorgang van apartheid na ‘n grondwetlike demokrasie wat gegrond is op die waardes van menswaardigheid, die behaling van gelykheid, en die behaling van menseregte en vryhede, asook nie-rassigheid en nie-seksisme. Die heerskappy van die Grondwet en die Oppergesag van die Reg word ook gewaarborg. ‘n Soortgelyke waarborg bestaan betreffende universele stemreg, ‘n nasionale algemene kiesersrol, gereelde verkiesings en ‘n veelpartystelsel van demokratiese regering, ten einde verantwoordbaarheid, ‘n responsiewe ingesteldheid en openheid te verseker.
Ten spyte van al hierdie veranderinge en ons roepe na versoening en gelykheid, is dit in ongeloof dat ons moet luister hoe mense, Suid Afrikaners nog kan vrylik verklaar dat ons so baie te danke moet he aan kolionalisme en daarby kan mens ook aanneem dat hulle in verdedeging van Apartheid staan. Helen Zille Premier van die Weskaap en ‘n senior lid van die Demokratiese Alliansie het hierdie gewraakte uitlatings gemaak en kan dan net om verskoning vra en dan nog die vermetelheid het om te se dat haar aanhalings buite verband gebruik was. Dit is voorbeelde soos hierdie en baie ander wat die harde werk en opofferinge van ons mense vertrap. Maar ons sal ons nie van stryk laat bring deur rasiste wat wil laat blyk dat hulle nou aan die voorfront van demokrasie en gelykheid staan.
Hierdie is Suid Afrika, ‘n land waar almal, ongeag ons kleur, sosiale aansien, geloofsoortuigings, fisiese en geestelike toestand gelyk is. Dit is wat ons demokrasie en Grondwet waarborg. En dit is ‘n blofte en eed wat die ANC aan al ons mense gemaak het en sal behou.
Ladies and gentlemen, this years celebration of the triumph of the human spirit against an unjust system is dedicated to the life and roles played by Oliver Reginald Tambo and Steve Bantu Biko in the liberation of our people.
Oliver Reginald Tambo is op 27 Oktober 1917 in Nkantolo in die Oos-Kaap gebore. Ten einde sy lewe en die uiters belangrike rol wat hy in ons land se geskiedenis gespeel het is 2017 toegewy aan die rol van Tambo in die vryheidstrys van ons mense.
Tambo, wat 'n prokureur van beroep was, was 'n sterk voorstander van 'n inklusiewe Afrika-nasionalisme as 'n bevrydingsmag. Hy was 'n saggeaarde, vrygewige mens en sy optrede het van beginselvastheid en bedagsaamheid getuig. Hy was 'n demokraat  in murg en been, wat sterk beïnvloed is deur sy Christelike oortuigings en was 'n besonder goeie luisteraar wat almal aangemoedig het om hul menings te lug. Sy leierskap was gekenmerk deur absolute integriteit.

Ladies and gentlemen, it is almost incomprehensible to imagine the freedom enjoyed today without the efforts OR Tambo made from years ago.  OR Tambo gained prominence when he was elected the first Secretary-General of the African National Congress Youth League, the organisation that radicalized the South African political landscape in the late 1940s onwards.

OR Tambo grew within the ranks of the liberation movement to become its Secretary General in 1954 and in the same year received a banning order from the apartheid state. OR Tambo was forced to actively operate underground and was instrumental in the drafting of the Freedom Charter. In 1957 OR Tambo was elected the Deputy President of the ANC, replaced by Duma Nokwe as the Secretary General.

After the banning of the ANC and the Pan Africanist Congress (PAC) in the early 1960s, OR Tambo had to forge a powerful global campaign in exile to galvanise the world against apartheid and colonial rule in South Africa.

A visionary, as OR Tambo was, during the early 1980s he saw to it that the apartheid regime was unable to contain people’s thirst for freedom and oppressive and repressive state machinery was no longer sustainable.
In exile OR Tambo distinguished himself as a consummate leader; he campaigned for the isolation of apartheid South Africa by the international community. He galvanized support for the oppressed masses of South African and the liberation movement. Above all OR managed to pull together in foreign lands an organisation that was organisationally and ideologically scattered and diverse forming a “broad” church.

 In striving for South Africa’s political freedom against the apartheid regime, OR Tambo advocated that without the accompanying economic emancipation of millions of South Africans, our hard fought liberty would have little meaning. The words of Tambo continue to ring true as our country quickens its pace to transform the economy and ensure the prosperity of all in our society.

Our Constitution is hailed as one of the most progressive in the world not because of the “miracle” but it was because of the conscious efforts of leaders such as OR Tambo. The Constitution “articulates the four generations of human rights that should form the foundation of an ideal society. The four generations of Human Rights are: civil- and political, socio-economic, Environmental, as well as, Gender and communication. OT Tambo was the embodiment of all these universal rights.

Ladies and gentlemen, the year 2017 also marks 40 years since the passing of one of the gallant fighters for human rights, and the leader and founder of the Black Consciousness Movement, Steve Bantu Biko. Delivering the human rights lecture in 2014, Navi Pillay rightfully underlined that Biko informed international human rights norms and standards and played a role in the decision of the UN Security Council to ban arm sales to South Africa in November 1977.
It is for this reason that, within the realm of human rights, the Human Rights Month activities will honour the role that was played by Biko and Tambo in the fight for human rights for all, and how their values can be curated in everyday lives of South Africans to ensure that South Africa finally become a socially cohesive society as per the vision 2030 of the NDP.

Steve Bantu Biko is op 18 Desember 1946 op King William’s Town gebore, en is vroeg reeds aan die politiek blootgestel toe sy broer in 1963 weens betrokkenheid by die PAC in hegtenis geneem is. Biko is  self op hoërskool – die Lovedale-kollege in die Oos-Kaap – as gevolg van sy politieke bedrywighede geskors. Hy het sy matriek aan ’n Katolieke skool in Natal voltooi en is tot die mediese skool van die Universiteit van Natal (swart deel) toegelaat. Hy het sy studie in 1972 opgeskort om heeltyds vir die Black Community Programme (BCP) in Durban te werk. Toe hy in 1973 ingeperk word, het hy ’n BCP-kantoor op King William’s Town geopen en daar gewerk.

Hy moes dit laat vaar toe ’n nuwe perkingsbevel hom verbied om vir die BPC te werk. Die Swartbewussyn-ideologie het swart mense aangemoedig om op hul
swart identiteit trots te wees. Biko het geglo dat die jare lange verdrukking deur wittes opvattings oor skoonheid op swartes afgedwing het wat in wit ervarings gegrond was. Swart mense het dit aanvaar en naderhand hulself gehaat omdat hulle gereken het hulle is minderwaardig oor hulle swart is.

Dis die swart mense moes apartheid teenstaan omdat hulle die slagoffers daarvan was. Net swart mense, het Biko betoog, het die pyn van verdrukking
verstaan. Wittes wat swartes wou help om die pyn van apartheid-verdrukking te verlig, moes eerder ander wittes probeer oortuig dat apartheid verkeerd is en swartes toelaat om apartheid te beveg soos hulle dit die beste kan doen. Dié ideologie is vasgevang in wat later ’n gewilde slagspreuk vir Steve Biko sou word:
‘‘Swart man, jy staan alleen.’’

Biko het oor die frase ‘‘Swart is pragtig’’ geskryf: ‘‘Dit dien ’n baie belangrike aspek van ons poging om menslikheid te bereik, en ek dink dit slaag. ’n Mens daag die baie diep wortels van swart mense se geloof oor hulself uit. As jy sê ‘Swart is pragtig’, sê jy in werklikheid vir hom: Man, daar is niks met jou verkeerd nie, begin jouself as ’n mens beskou . . . In dié opsig is die term ‘Swart is pragtig’ juis ’n uitdaging van opvattings wat meebring dat iemand homself
geringskat.’’
  
Ladies and gentlemen, Liberation narrative in South African history will not be complete without the contribution of the son of the soil Stephen Bantu Biko. Like stalwarts who came before him, such as OR Tambo, Steve Biko changed the course of history and arguably accelerated the march to freedom.

Inspired by Biko’s growing legacy the youth of the country at high school level mobilized themselves in a movement that became known as the South African Students’ Movement (SASM). This movement played a pivotal role in 1976 Soweto Uprising, which accelerated the course of the liberation struggle. The National Association of Youth Organizations was also formed in order to cater for the youth more generally. 

In his short but remarkable life, Biko was frequently harassed and detained under the country’s notorious security legislation. This interrogation culminated in his arrest, together with his colleague and comrade Peter Cyril Jones, at a Police roadblock outside of King William’s Town on the 18th August 1977. Biko and Jones were tortured at the headquarters of the Security Division housed in what was then known as the Sanlam building in Port Elizabeth. It was during this period that Biko sustained massive brain haemorrhage.

On the 11th of September 1977 Biko was transported to Pretoria central prison – a twelve-hour journey, naked, without medical escort, in the back of a police Land Rover. Biko died on the floor of an empty cell in Pretoria Central Prison on the 12th of September. It was in this way that South Africa was robbed of one of its foremost political thinkers.

Steve Biko became officially the 46th victim of torture and death under the State Security Laws. His death helped highlight the brutality of South African security laws to the international community and the general plight of South Africans. It led directly to the decision by Western countries to support the UN Security Council vote to ban arms sales to South Africa.

Dames en here, en veral jongmense moet baie mooi aandag skenk. Ons demokrasie en die vryhede wat ons geniet was nie maklik bekom nie. Dit het bloed, sweet en lewensverlies gekos. Ons ouers en voorouers het met hul lewens betaal sodat ons as gelyke mense aanvaar en behandel word. En dit is hartseer om te sien hoe ons hierdie vryhede wat ons vandag as vanselfsprekend aanvaar vertrap. Mense het nie hul lewens opgeoffer sodat ons ander kan mishandle en verneder nie.

Hulle het ook nie gely sodat ons, en veral jongmnese hulle vandag vergooi aan dwelms, drank en swangerskappe op skool en veel ander nuttelose dinge. Al ons vryheidsvegters het altyd klem gele op opvoeding. Want dit is deur opvoeding wat ons die greep van armoede sal breek en daardie voortvaarende nasie kan bou. My pleidooi vandag is dus aan jongmense om te fokus op dit wat hulle beter mense sal maak. En glo my dwelms het nooit en sal nooit dit vir jou kan doen nie. Dit bring net hartseer want in die proses om julle verslawing te voed, maak julle ernstige inbraak op ander se menseregte. Soms en in meeste gevalle die mense na aan julle.

Om mense se regte en waarde te respekteer begin met respek vir die mens en sy omstandighede. Dit begin in die huis en kring dan uit. As respek in die huis behou word sal julle mense buite repekteer en as gelyke beskou. Vandag het ons kinders in die skool nie eens respek vir die onderwysers wat soveel bydrae tot hul opvoeding en die fondasie le vir ‘n toekoms vol belofte. Dit is vir U om dit aan te neem en saam t ewer.

So ook moet ons mense met gestremdhede, mense in dir greep van armoede en diegene wat nie so wel af is en wat uit arm huishoudings kom repekteer en hul menswaardigheid eer. Ons is almal mense geskappe deur God en geen een het die mag om ander te vertrap en te mishandle nie. Dit is selfaangestelde reg daardie en dit het geen plek in ons samelewing nie.
Vandag moet ons kan terugblik en besef dat daar opofferinge gemaak is soda tons almal gelyk staan. Hierdie reg is nie onderhandelbaar nie. Hierdie reg kan nie selektiewelik toegepas word nie en hierdie menseregte wat ons het is nie te koop nie.

Vandag moet ons dus weereens ons verbind tot gelykheid en nasiebou. Vandag verklaar ons onomwonde da tons almal gelyk is in die oe van God en in ons land. Vandag verklaar ons dat ons sal eer en respekteer ons naaste, ongeag ons verskille en ons sal Suid Afrika, ons land, vorentoe neem sodat ons daadeur almal wat met hul lewe betaal het vir ons menseregte kan eer en hulde kan bring.

Dit is ons dag van oorwinning. Dit is die dag wat opgedra is aan Oliver Tambo, Steve Biko, Nelson Mandela, Walter Sisula, Achmat Kathrada,Govan Mbek, Hector Peterson, Albert Lethuli, Lilian Ngoyi, en al die vryheidsvegters vir Menseregte en gelyke behandeling.

Mag ons ‘n vreugdevolle dag he en mag ons gestand sal staan in ons respek vir mekaar. En mag ons elk hier teen woordig die regte van sal ander verdedig en onderhou.

Baie dankie.


 

 

Mail Us

Department of Social Development
Latlhi Mabilo Complex
257 Barkley Rd
KIMBERLEY
8301

Contact Details

Contact telephone numbers
053 874 9100
Email address:
hsamson@ncpg.gov.za