MEC speech at Brandvlei: Intergenerational Event: 28 February 2023

        Programme Director

        Pastor

        Councilors present

        Head of Department

        Officials from respective Departments present

        Members of the Community

        Ladies and gentlemen

        


Welkom vandag by ons geleentheid om jonk en oud bymekaar te bring en soos n familie te ontmoet.

Ons is vanoggend in Brandvlei as deel van ‘n program van die Provinsiale Regering om met al ons gemeenskappe in die Hantam Distrik te ontmoet en ook U te herinder aan die verhouding tussen U en die Regering van die Noordkaap.

Families are the basic unit of every community and society. Government implements programmes that provide support to families such as health care, education, housing, social grants, income generating activities such as public works programmes and many others. At the same time, families face several challenges such as the impact of poverty and unemployment, drugs and substance abuse, crime, domestic violence and violence against women and children.

Dames en here, vandag kom ons bymekaar om erkenning te gee aan die belangrikheid van die familie eenheid in ons samelewing. Dit is ongelukkig so dat die waarde van die familie in die afgelope jare erg gedaal het en dat ons vandag ‘n krisis in die oë staar. Dit is nie net hier in ons land nie, maar ook reg oor die wêreld.


Dienste wat tans deur die Departement en Nie Winsgewende Organisasies gelewer word sluit onder andere in ‘n omvattende mantjie van dienste of” basket of services” soos die algemeen bekend staan. Dit het ten doel om die familie eenheid te versterk en te bemagtig. Spesifieke dienste aan jeug sluit in sosiale veranderinge, lewens vaardighede en mentorskaps programme wat hulle instaat sal stel of om hulle voor te berei vir die volwasse wêreld.

Die problem wat deur hierdie gemeenskap in die sig gestaar word het nie net ‘n impak op hul sosio ekonomiese werking nie, maar dit striem hul emosionele welstand in so ‘n mate dat hulle motivering om hierdie problem die hoof te bied, negatief beinvloed word.
Ladies and gentlemen, the first step to becoming a "Better World Family" is to decide to become one. It will be an ongoing learning experience with lots of mistakes. You'll need all of the tools you've learned as peace builders. You might decide to set a regular time to discuss and work out family problems and issues. You'll want to make sure that you show your concern and encouragement for each other, regularly. You'll need to let things go and apologize and accept apologies and make amends when apologies aren't enough. You're a team and you want to work it out. You may decide to work together on projects for a better world as a way to strengthen your dedication.
 Soos Deuteronomium 6:7 toon, is daar baie geleenthede wanneer julle as ouers geestelike sake met julle kinders kan bespreek. Of julle nou saam reis, saam takies verrig of saam ontspan, julle sal waarskynlik geleenthede vind om in julle kinders se geestelike behoeftes te voorsien. Julle hoef natuurlik nie gedurig vir julle kinders oor Bybelwaarhede te preek nie. Probeer liewer om gesinsgesprekke op ’n opbouende, geestelike vlak te hou. Sulke gesprekke sal kinders dalk beweeg om meer van die lektuur te lees wat “die getroue en verstandige slaaf”-klas voorsien.
Ek wil ook aan die jongmense herinder dat die Bybel sê er jou vader en jou moeder sodat jou dae verleng mag word. Jongmense het mos vandag die ouers in die huis geword en beheer en misbruik die ouers se toelae. Dit is verkeerd.
Julle vergooi jul lewens met alle soorte verkeerde dinge en ek staan hier vandag as n ouer myself en met julle met liefde te praat. Dwelms, drank en onverskillige seks gaan jou lewe vervoes. Julle sien dit oral om julle. Daar is geen voordeel in hierdie goed wat julle so najaag nie.
Ons hoop is op julle om vir ons en jul gemeenskappe ‘n beter toekoms te bring. Daarom gaan ons as die Departement van Maatskaplike dienste uit ons pad om U te voorsien van dienste wat tot voordeel van julle toekoms en ontwikkeling sal wees.
As julle hulp nodig het, praat met ons maatskaplike werkers. En ek wil julle aanmoedig om gefokus te bly op julle toekoms en die welstand van julle ouers, broers, susters en die hele gemeenskap.
Soos ek gesê het ons is hier in die streek omdat die Premier Donderdag die Provinsiale Sttatsrede of “State of the Province Address” soos ons almal dit ken gaan lewer in Calvinia.
Soos U sal oplet is daar geen verkiesing op die oomblik in die streek en wil ek onder U aandag bring dat hierdie geen verkiesings foepie is maar dat dit uitsluitlik ten doel het om elke Distrik die geleentheid en voorreg te bied wat al die jare slegs vir die mense van Kimberley beskeie was.

U sal ook opgemerk het dat die Provinsiale Regering die afgelope dae baie teenwoordig was in die distrik om aan te vul wat ons reeds op 'n gereelde basis doen en wat ons maandaat vereis ons doen.

Daar word wyd bespiegel dat hierdie dienste nou eers gelewer word omdat die Provinsiale Staatsrede nou hier plaasvind, maar ek kan U verseker dat dit nie die geval is nie. Elke dag- Maandag tot Vrydag ontvang kinders onderrig in ons skole. Elke dag word gesongheidssorg en dienste gelewer in die distrik. Elke maand, op die regte tyd en plek ontvang mense hul maandelikse toelae sonder om enigeen van ons te herinder dat dit tyd is daarvoor nie. Elke dag het ons maatskaplike dienste in ons gemeenskap en elke dag voorsien hierdie regering vervoer en ten minste een voedsame maaltyd aan leerlinge.

Die Provinsiale Regering is deeglik bewus van die water nood wat  die gevolg van die voordurende droogte in die Hantam Distrik is  Die lae reenval in die distrik het n direkte negatiewe impak op die munisipaliteit se kapasiteit om water onverhinderd te voorsien. dit het die gevolg dat die munisipaliteit genoodsaak word om Fase Vier water beperkings in te stel. Hierdie is n tydelike maatreel om te verseker dat almal water ontvang.

die Departement van Water en Sanitasie het alreeds 'n studie onderneem om a langtermyn en blywende oplossing te vind om die bestaande water bronne aan te vul. Die oplossing is om n additionele dertien boorgatte te boor wat sal aansluit by die hoof water verspredings en suiwerings netwerk. Die bestaande water suiweringswerke sal ook opgegradeer word en ek kan vandag met trots aankondig dat die projek van nagenoeg Een Honderd En Tagtig Miljoen Rand sal die probleem van waterbeperkings hok slaan. met die opgradering en belegging kom ook baie werksgeleenthede wat die mense van die Hantam Streek sal bevoordeel.

Ek is ook baie bly om aan te kondig dat, in ons strewe om die Provinsie te moderniseer, het die Premier gister die projek geloots om graad 12 leerlinge te help om beter te vorder in skole. Alle Graad 12 leerlinge in die Hatam, en alle Distrikte  sal van eTablette wat voorafgelaai is met wereldklas studie materiaa voorsien word. Hierdie belegging van nagenoeg Tagtig Miljoen Rand is gedoen om die kwaliteit van onderwys te verbeter en die gebruik van tegnologie te normaliseer. Ek is optimisties dat hierdie belegging in ons jongmense die gewenste uitslae sal lewer.

Behuising en ordentlike beskutting vir ons mense is hoog op ons ontwikkelings agenda. In  Williston is ons besig om 'n projek van 150 huise om tydelike en modder strukture te vervang en sodoende die waardigheid van ons mense te herstel en vervul.

Dit is maar van die dienste wat gelewer word in elke dorp, streek en distrik van die Noordkaap.

Ter afsluiting wil elk dit beklemtoon dat ouerliefde is meer as net woorde. Liefde word hoofsaaklik deur dade getoon. Om in kinders se materiële en geestelike behoeftes te voorsien, kan ’n blyk van ouerliefde wees, veral wanneer ouers dit doen op ’n manier wat toon dat liefde die vernaamste aansporing is. Dissipline is ook ’n noodsaaklike blyk van ouerliefde.

In conclusion, ladies and gentlemen, if a country is to be corruption free and become a nation of beautiful minds, I strongly feel there are three key societal members who can make a difference. They are the father, the mother and the teacher.

A home with a loving and loyal husband and wife is the supreme setting in which children can be reared in love and righteousness and in which the spiritual and physical needs of children can be met.

You don't choose your family. They are God's gift to you, as you are to them.


Thank you.

 

Mail Us

Department of Social Development
Latlhi Mabilo Complex
257 Barkley Rd
KIMBERLEY
8301

Contact Details

Contact telephone numbers
053 874 9100
Email address:
hsamson@ncpg.gov.za