MEC Nontobeko Vilakazi engagement with community in Middelpos: 4 April 2023

    Raadslede    

    Dames en here
    Beamptes

Ek is baie bly om vandag met die gemeenskap van Middelpos te ontmoet en tyd te spandeer om U beter te leer ken en ook om U te verseker dat die Regering U nie vergeet het nie.

My beamptes sal julle vertel dat ek aangedringb het om hier te wees ten spite van die feit dat di tamper die paastyd is. Dit is my plig om by elke gemeenskap uit te ko men te sien wat die behoeftes van die gemeenskap is.Julle sou sien dat van die beamptes besig was om van huis tot gaan om te sien wat die gemeenskap pla en watter dienste benodig word..

Dienste wat tans deur die Departement en Nie Winsgewende Organisasies gelewer word sluit onder andere in ‘n omvattende mantjie van dienste of” basket of services” soos die algemeen bekend staan. Dit het ten doel om die familie eenheid te versterk en te bemagtig. Spesifieke dienste aan jeug sluit in sosiale veranderinge, lewens vaardighede en mentorskaps programme wat hulle instaat sal stel of om hulle voor te berei vir die volwasse wêreld.

Die problem wat deur hierdie gemeenskap in die sig gestaar word het nie net ‘n impak op hul sosio ekonomiese werking nie, maar dit striem hul emosionele welstand in so ‘n mate dat hulle motivering om hierdie problem die hoof te bied, negatief beinvloed word.
U sal verstaan dat as Maatskaploke Dienste ons mandaat beperk is tot die welstand van ons gemeenskap is en toe te sien tot die sosiale probleme. Behuising en gesondheidsdienste van nie in ons mandaat maar u kan verseker wees ons sal hierdie probleme onder die aandag van die department wat daarmee werk sal bring.
Soos ek gese het hierdie besoek is slegs om feite eerstehands te kry en ek kan aan die gemeenskap nou se da tons weer sal ko men dit wat ons sien U benodig kom voorsien.
Dwelms bly maar n problem oral en selfs hierdie klein gemeenskap het sulke probleme. Gesinsgeweld en die ontwikkeling van jongmense is hoog op ons agenda.
Ek kan dus aankondig da tons die volgende dienste sal prioritiseer vir nou.
Die daarstelling van n sopkombuis en die befondsing daarvan. Ons is reeds besig om n NPO te registreer en befondsing van Lotto te vra.
Die ontwikkeling van jongmense is soos ek gese het belangrik vir ons en ons wil nie he julle moet julle lewens verwoes met dwalms, drank en roekelose seks nie. Daarom onderneem ons om ‘n deeglike skills of vaardigheids ondersoek te doen om gepaste ontwikkelings programme te bring.
Ons gaan ook toesien dat ons beurse beskikbaar maak vir jongmense wat wil studeer en ek wil vra dat ouers toesien dat hulle kinders in die skool bly. Jongmense moet ook bepaal op hulle skoolwerk sodat ons uit die gemeenskappie doktors, verpleegsters en ingeneurs sal sien kom. Dit is moontlik. Julle moet net werk daarvoor en ons sal julle bystaan.
Ons gaan ook ‘n jeugsentrum hier bring waar jongmense navorsing kan doen en hulle help met hul skoolwerk. As ‘n begin kano ns nou toesien da tons ten minste een rekenaar, n printer en gratis wifi beskikbaar stel.
Ons mandaat strek ook om toe te sien dat on sou mense en mense met gestremdhede gemaklik en gesond kan lee fen dat hulle ten alle tye veilig wees. Ons gaan daarom met die gesindheids department ko men sien wat U alles benodig.
As sal ook kyk na die moontlikheid om van die plaaslike mense aan te stel as vrywillige werkers in die gemeenskap om te help met die versorging van mense wat lei aan verskeie siekte. Hierdie vrywilligers sal ook a maanlikse toelaag ontvang.
In hierdie klein gemeenskap het on sook gevalle van gesinsgeweld opgetel en ons maatskaplike werkers sal gereeld kom besoek doen. As daar gevalle is waar mans vroue en kinders mishandle sal ons nie huiwer om stappe te neem nie. Ons kan nie toelaat da tons nog sit met gevalle waar mans voel hulle kan vroue mishandle end at dit normal is. Dit is nie. So wees gewaarsku ons sal ernstig wees en ek wil vroue aanmoedig om mishandeling te rapporteer.
Ons gaan ook twee Victim Empowerment volunteers aanstel wat sal toesien dat die regte en veiligheid van vroue, kinders en weerlose mense beskerm word. En ons wil die gemeenskap bemagtig met n moontlike skills of vaardigheids ontwikkeling sentrum wat beman sal word deur twee die volunteers e nook sal ons kyk na die ontwikkeling van ‘n NPO wat deur die gemeenskap bedryf sal word om om vroue bemagtiging te bevorder.
Hierdie is maar paar van die onmiddelikke goed wat ons gaan bring. Ons sal ook gereeld hier wees om toe te sien dat mense wat kos en skool benodighedenodig het gehelp word. Maar ek wil ook se dat waar U toelaag kry end it misbruik op drank en dwelms sal ons nie net kan help nie, maar ons het ook die mag om die toelaag te stop.
Al die ander probleme soos stukkende water meters, behuising, elektristeit en gesondheidsdienste sal ons na die relevante departemente verwys.
Met hierdie beloftes wil ek U verseker dit is nie die laaste keer wat U ons gaan sien nie. Ons gee om en sal weer kom om toe te siendat ons al ons beloftes nakom.
Met hierdie paar woorde wens ek julle n geseende en veilige paas vakansie.

Baie dankie en mag die Here julle ryklik seen.   

 

Mail Us

Department of Social Development
Latlhi Mabilo Complex
257 Barkley Rd
KIMBERLEY
8301

Contact Details

Contact telephone numbers
053 874 9100
Email address:
hsamson@ncpg.gov.za